Tuesday, January 24, 2006

Die pad tot hier II

Die pad tot hier II (Lees tog net 1 eerste....:-)

Nou vir my stoei met die Here en met die kerk. Ek en my liefde het finansiël nogal swaargekry. Ek het weer begin swot. So veral studieskuld het ons doodgemaak. In 2000 is ons 2de dogtertjie met ‘n halwe diafragma gebore. Die volgende dag is sy per helikopter na Johannesburg geneem waar hulle haar geopereer het. Ek en my beter helfte moes by ‘n plek uitkom waar ons met die Here vrede maak. As Hy haar neem, is dit goed met ons. Wel Hy het nie, en ons het na 22 dae in “ICU” ‘n klein babetjie gekry om huis toe te neem. Daar is vir ons gesê dat sy sieklik kan wees en maklik longinfeksies kan kry. Sy het in haar eerste jaar nie eers ‘n verkoue gekry nie! Ek dink dit was al die gebede

Ons wou nog altyd meer Christen”wees” as om net daaroor te praat. In die tyd het ons begin om ons huis oop te maak vir mense wat hulp nodig het. Basies mense wat nie ‘n heenkome het nie, en net ‘n rusplek nodig het totdat hulle weer werk en ‘n blyplek het. As jy jou kind opgeoffer het, is dit maklik om jou besittings, tyd en geld ook op te offer. Dit het ook baie finansiële druk op ons geplaas. Sodoende het ek die Here verkwalik vir ons situasie. Wie het gesê dis lekker om ‘n Christen te wees? Ek het tot angsaanvalle gekry.(Voel soos ‘n hartaanval.)Tog het Hy wanneer dit regtig donker begin lyk het, uitkoms gegee en ek dink daardie jaar wat ons slegste jaar was, was dalk een van ons beste geestelik. Ongelukkig kan jy dit half net met “hindsite” sê.....:-) Die Here het ook op daardie stadium iemand in ons lewens gesit wat alle grense van vriendskap met myle verskuif het. As dit nie vir haar en haar aanstaande was en is nie, weet ek nie of ons deur die afgelope 6 jaar sou kon kom nie.
In die tyd moes ek by ‘n punt uitkom waar ek die volgende vrae kon antwoord. Is God rêrig? Is al die “crap” die moeite werd? Is die hele godsdiensding nie net ‘n blufstorie nie? Wat van die kerk. Ek het krake in die breë kerk gesien toe ek begin het om AGS toe te gaan 20 jaar terug. Ek het die goeie en slegte van baie gemeentes gesien en beleef. Hoekom lyk ons soos ons lyk? Hoekom is die wêreld so allergies vir Jesus?

Op ‘n dag het ek en my liefde besluit om op te hou kerk toe gaan. Ons het feitlik opgehou Bybel lees. Opgehou sel hou. Ons het nog steeds met die Here geworstel en mense in ons huis versorg, maar het alle kontak met die gestruktueerde sigbare kerk gebreek.(Behalwe nou die mense wat oor ons pad gekom het.) Basies begin om godsdiens af te sterf.

En ons het Jesus opnuut leer ken.

Die afgelope 6 jaar was en is wonderlik. Jesus het ons verbaas. Ons het hierdie wilde woeste onvoorspelbare God leer ken. Die een wat net genoeg lig gee vir jou voete. Ek het die kerk beter leer verstaan.(Nee, ons is nie terug nie.) Maar liefgeword vir die kerk. Ek weet nou ook dat die paadjie wat ons loop vir ons is. Almal wat hierdie woorde lees het hul eie paadjie. Sorry, jy kan nie my paadjie as ‘n voorbeeld gebruik nie. Ek het vir niemand antwoorde nie.(Behalwe Jesus natuurlik.....en Hy kan jou dalk net meer vrae gee.....:-) Ek kan my ervarings deel en dit kan jou dalk help, dalk nie. Maar ons kan saam stap, mekaar se laste dra en Jesus beter leer ken.

Ek het baie om te sê, en niemand vir wie ek dit kan sê nie, nou skryf ek maar op die “blogsite.” Die kerk soos ons dit ken sal seker nooit weer vir my funksie hê nie. Ek sou nogal graag wou kampe hou oor Jesus en met mense oor Hom wou praat, maar ek dink nie dit sal ooit gebeur nie.
Gewoonlik kry jy iemand as kampspreker net as hy “affirm” dit wat die gemeente glo, of dan wat die leierskap glo. Volgens my subjektiewe ervaring het die res van die gemeente bitter min keuse waaraan hulle blootgstel kan word en waaraan nie.......:-)

Skryf asb. vir my. Sal graag wil hoor wat julle sê.
abmo

No comments: